PASTA- EN GROENTEGEBAK
Resep en foto: Amanda Austen
- 350 – 400 g rou spaghetti
- 1 pakkie spek (250 g)
- 1 ui, gekap
- ½ groen soetrissie, gekap
- 250 g sampioene, opgesny
- 1 blik pitmielies, met vloeistof
- 2 blikkie tamatieroomsop
- 20 ml suiker
- sout en peper na smaak
- 400 ml Cheddar kaas, gerasper
- Kook die spaghetti tot gaar. Hou eenkant.
- Braai die ui en soetrissie saam tot glasig.
- Voeg die spek by asook die sampioene. Braai tot gaar.
- Voeg die mielies met vloeistof en tamatiesop by, asook die suiker, sout en peper na smaak.
- Prut vir so 5 minute lank. Skep die sous onder in ‘n oondbak, gevolg met spagetti en kaas.
- Herhaal die lae. (Maak so 2 of 3 lae).
- Strooi die res van die kaas oor en bak 20 min op 180 ºC.
Category:












