PAPRIKASOUS
My vars paprikasous. Glad nie brand sous nie, sal volgende keer brandrissies byvoeg. Sal lekker werk by vis en hoender.
- 4 vars paprika pepers
- 1 ui grof gekap
- 4 knoffelhuisies
- 1 duim vars gemmer
- 1 duim vars borrie
- 1 teelepel droë borrie
- sout en peper
- 1 koppie bruinasyn
- 1/2 koppie suiker
- 1 eetlepels suurlemoensap
- 1/2 koppie water
- 1/2 koppie olie
- 1 eetlepel Maizena
Kap vars groente fyn en braai liggies in olie, voeg res van bestanddele by en kook liggies vir 15 min.
Verdik met die Maizena aangemaak met bietjie water, kook goed deur.
Maak fyner met “stickblender”.
Skep in voorbereide bottel laat heeltemal afkoel. Sit die deksel op en bere in die yskas.
Nota:
Riana Viviers
Wat is Paprika pepers? Die goed op foto lyk vir mý soos jelapeno peppers wat erg brand!
Carla Botha
Riana Viviers – Nee dis paprika, hul brand nie.
Resep en foto’s: Carla Botha