Your Recipe Blog

PAPRIKA HOENDER

PAPRIKA HOENDER

  • 30 ml olie
  • 15 ml botter
  •  9 hoenderdye/boudjies
  • 1 knoffelhuisie, fyn gekap
  • 3 ml droe tiemie
  • 2 uie fyn gekap
  • 15 ml paprika
  • sout en peper na smaak
  • 450 ml hoenderaftreksel
  • 15 ml koekmeel
  • 250 ml suurroom

Verhit die olie en botter en braai die hoender stukke tot bruin aan albei kante. Skep uit en hou eenkant.
Roerbraai die uie tot glasig. Voeg die knoffel en tiemie ook by. Sorteer tot sag en geurig.
Voeg die paprika by en roerbraai effe. Voeg die aftrekstel geleidelik by en verhit dan tot kookpunt.
Voeg die hoender by, en laat prut vir ongeveer 40 min lank oor lae hitte.
Maak die koekmeel aan met ‘n bietjie melk, en roer by die hoender in.
Voeg die suurroom by en laat 5 min lank liggies prut.
Sit voor saam met rys.

Resep en foto: Amanda Austen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page