Your Recipe Blog

PAPBALLETJIES- EN WORSSTOKKIES

PAPBALLETJIES- EN WORSSTOKKIES

Resep en foto: Nicolette Papas
My pap balletjies en wors is klaar gemaak. Die balletjies is in krummels gerol en in olie gebak. Al wat ek volgende keer sal verander is om ‘n blikkie roommielies in plaas van pitmielies te gebruik.

  • mieliepap, sien resep op skakel *
  • heelpitmielies of roommielies
  • wit uiesoppoeier
  • eier geklits
  • krummels
  • olie vir braai
  • gaar braaiwors in stukkies gesny
  • Voeg die wit uiesoppoeier en mielies by die papwater wanneer jy die pap kook.
  • Laat die pap afkoel en vorm happie grootte balletjies.
  • Rol elke balletjie in die geklitsde eier en rol dan in die krummels.
  • Braai die balletjies in diep olie tot lekker bros.
  • Plaas die balletjies op ‘n stokie met ‘n stukkie wors en bedien met ‘n lekker doopsous.
  • Nota:
  • Ek het ± 2 kg mieliemeel gebruik om die pap te maak, gebruik water volgens eie keuse, sien resep.
  • 2 pakkies soppoeier en 2 blikkies mielies op die hoeveelheid mieliemeel gebruik.
  • Ek het ‘n No 12 giet-ysterpot gebruik.

*Skakel na mieliepap resep: https://yourrecipeblog.com/recipes/mieliepap-op-vyf-maniere/

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page