Your Recipe Blog

PAPAJA EN WORTELSLAAI

Recipe by
| Servings: 2

PAPAJA EN WORTELSLAAI

“Ek het so ‘n aartappelmessie wat repe sny soos spaghetti – werk lekker vir wortels en ander groente ook en het my wortels in klein repies hiermee gesny. Lemoensap of naartjiesap kan ook bygevoeg word indien dit effens droog is óf as die papaja nie soet is nie. Ek het dit net so geniet, sonder sout en peper, ook opsioneel.”

  • 1 medium ryp, maar ferm papaja
  • 2 groot wortels
  • sap van lemoen of naartjie
  • sout en peper, opsioneel

Skil papaja en verwyder pitte. Sny in blokkies
Skil die wortels. Rasper dit grofweg.
Voeg alles bymekaar en geniet as heerlike somerslaai.
Genoeg vir 2 persone.

Resep en foto:  Christelle van Rooyen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page