Your Recipe Blog

PAPAJA- EN AVOKADOSLAAI

PAPAJA- EN AVOKADOSLAAI

Hierdie slaai kan jy net maak as jy terselfdertyd ‘n ryp papaja en avo in die hande kry. En as die papaja vol pitte is. Ek het die resep by my niggie, Cristelle Dippenaar De Necker gekry en sy gebruik “peanut brittle”.

  • 1 ryp papaja
  • 1 ryp avokado
  • blaarslaai, gebreek of gekerf
  • Slaaisous – hoeveelhede na smaak:
  • 1 hoogvol eetlepel papajapitte
  • suurlemoensap (een derde)
  • olyfolie (twee derdes)
  • heuning
  • sout
  • Bolaag:
  • okkerneute, fyngekap
  • heuning

Sny die twee vrugtes in blokkies en pak op ‘n bed slaaiblare op ‘n opdienbord.
Slaaisous.
Gebruik ‘n hoogvol eetlepel papajapitte, bietjie suurlemoensap en olyfolie, sout en heuning en versap dit goed. Die papajapitte het ‘n skerp, branderige smaak – soos peper.
Rooster fyngekapte neute in ‘n pan en sit bietjie heuning oor. Strooi neutmengsel oor slaai net voor opdiening.
In die slaai op die foto het ek okkerneute gebruik, maar as ek het, verkies ek sesamsade – omdat ek lui is en dit nie fyn hoef te kap nie en dit het ‘n neutgeur wat die avokado lekker aanvul.

Nota: 
Persoonlik sal ons voorstel net om die sous eers te toets vir die smaak.  Die pitte kan ‘n bitter smaak hê. Gebruik dalk eers minder en proe of die smaak vir jou reg is.

Resep en foto: Tosca De Villiers

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page