PAP MET ‘N TWIST SAAM MET TAMATIE- EN UIESOUS
My twist op die pap, met tamatie- en uiesous, en die res van gisteraand se Peppermint Crisp tert.
- Pap: Hoeveelhede na smaak:
- bietjie botter /magarien
- heelpit mielies
- sweet pikante peppers of soetrissie, opsioneel
- Aromat
- 1 teelepel mild spicy kerriepoeier
- sout en peper
- 6 koppies water (ek gebruik 5 koppies water en 1 koppies room)
- 3 koppies mieliemeel
- ½ koppie room
- 1 koppie kaas, opsioneel
Meng al die bestanddele na smaak met die water in ‘n pot en kook saam.
Sodra die water kook het, gooi die meel in ‘n hopie, in die middel van die pot, moenie roer nie…sit die deksel op en kook net so vir 10 minute. Na 10 minute roer en meng die pap deur die water.
Roer ‘n halwe koppie van die kaas in, roer goed deur en gooi dan die ander helfte van die kaas by plus ½ koppie room, roer goed deur.
Sit deksel OP en prut stadig vir 30 – 40 minute tot pap gaar is.
Skep in ‘n groot ronde poeding bakkie of ‘n klein pap bakkie en keer op bord om vir mooi vorm. Skep gebraaide tamatie, uie en soetrissie sous oor en bedien saam wors of braaivleis.
- Sous:
- 1 groot ui
- 4 groot tamaties, in blokkies gesny
- soetrissie, opsioneel
- Meng by:
- 1 blokkie Mutton stock
- 15 ml Worcestersous
- 20 ml tamatiesous
- 2.5 ml mild kerriepoeier
- 10 ml suiker
- 30 ml Knorrox oxtail Soup flavour poeier, aangemaak met ‘n bietjie water
- sout en peper, na smaak
Braai die ui in die wors se vet tot sag en deurskynend.
Voeg die tamatie blokkies by en braai verder. Kan soetrissie ook bysit.
Voeg al die ander bestanddele by en meng deur.
Prut vir 15-20 minute of tot sous verdik het.
Resepte en foto’s: Heleen Brümmer Nel