PAP en WORSTERT
Oorspronlike resep: Yolande van der Merwe
Resep aangepas deur Zita Harber
Foto: Zita Harber
- 1 koppie mieliemeel
- 1 teelepel bakpoeier
- 1 teelepel sout
- 2 eetlepels suiker
- 1 blikkie geroomde soetmielies
- 2 koppies kaas
- 250 ml volroommelk
- 300 g wors (boerewors of hoenderwors, in 2 cm stukkies gesny)
- ½ ui, opgekerf
- Braai die ui en stukkies wors saam. Die wors hoef nie deurgaar te wees nie.
- Meng intussen die res van die bestanddele saam.
- Gebruik net een koppie kaas vir die beslag, die res kom bo-op.
- Meng die gebraaide wors en uie by die beslag in en roer goed deur.
- Plaas dit in ‘n glasbak van so ongeveer 15 cm by 20 cm (jy kan enige groote glasbak gebruik, afhangende van hoe dik jy die tert verkies).
- Bak vir 40 minute teen 180°C. Pasop, as dit te lank bak, droog dit uit.
Category:

