PAP EN SOUS MET ‘N KINKEL
- 5 koppies water
- 1 koppie room
- 3 koppies mieliemeel
- heelpit mielies, opsioneel
- soetrissie, opsioneel
- Aromat, na smaak
- sout en peper, na smaak
- 1 teelepel kerriepoeier
- ½ koppie Cheddar kaas, opsionaal
- ½ koppie room
Meng die geurmiddels, room en water bymekaar en verhit tot kookpunt. Sodra die mengsel kook, voeg die mieliemeel by, maar moenie die mengsel roer nie. Plaas die deksel op die pot en kook vir 10 minute. Meng daarna die pap deur die vloeistofmengsel. Voeg daarna die kaas en nog ‘n halwe koppie room by en prut vir 30 – 40 minute tot gaar. Skep die pap in ‘n groot ronde poeding bakkie of ‘n klein pap bakkie en keer op bord om vir mooi vorm. Skep gebraaide tamatie, uie en soetrissie sous oor en bedien saam wors of braaivleis.
- Tamatie en uiesous:
- 1 groot ui
- 4 tamaties
- soetrissie, opsioneel
- 1 blokkie vleisaftreksel
- 15 ml Worcestershire sous
- 20 ml tamatiesous
- 2.5 ml kerriepoeier
- 10 ml suiker
- 30 ml oxtail soppoeier, aangemaak met bietjie water
- sout en peper, na smaak
Prut die sous vir 15 tot 20 minute tot dit verdik het.