PANNEKOEK UIT ‘N BOTTEL
Self nog nie gebak nie. Die persoon sê sy het dit al vir iemand in ‘n mooi bottel as ‘n geskenk gegee. Iets sommer so vinnig.
- 125 ml olie
- 175 ml water
- 200 ml melk
- sout
- bietjie asyn
- 2 eiers
- 1 koppie bruismeel
Meng alles saam en plaas in ‘n bottel of as die bottel ‘n groot bek het kan alles in die bottel geplaas word.
Seël die bottel en skud tot al die bestanddele goed gemeng het.
Bak pannekoek soos altyd, giet die deeg sommer uit die bottel in die warm pan en so het jy amper geen skottelgoed nie.
Bêre die deeg wat oor is in die yskas en bak weer môre.
Resep: Maryna Mostert
Foto: Rina Kleinhans
Chuki Kerr Williams
Rina Kleinhans – net om aan te sluit by die gemak om uit die bottel of fles te bak: Ek het vir baie jare pannekoek deeg voorberei vir groot geleenthede waar ons ongeveer 1000 + bak. Dis die moeite werd om voor die tyd 2 litre melkbottels bymekaar te maak (ek het dit met ‘n flou oplossing water en bleikmiddel gesteriliseer – sommer van een bottel na die volgende oorgegooi om bleikmiddel en water te spaar) en om dan die mengsel daarin te giet. Dit kan dan maklik oornag in ‘n yskas gebere word en as dit kom by die bak is dit so maklik soos jou fles om in pan te gooi. Maklik om te beheer omdat die bottels handvatsels het. Geen gemors om met ‘n soplepel uit ‘n skottel in pan te gooi nie. Ons stoor dit dan in koelbokse en dit word een vir een uitgehaal soos benodig.
Hierdie resep vries goed (klaargebak maar sonder suiker) en ontvries vinnig, veral as jy slim is en bakpapier tussen die lae sit voor jy vries. Maar jy hoef nie. In die micro en jy het weer vars pannekoek.