Your Recipe Blog

PANNEKOEK SONDER EIERS

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 40 - 50 pannekoeke

PANNEKOEK SONDER EIERS

Vir diegene wat al gewonder het of ‘n mens pannekoek kan bak sonder eiers… die antwoord is JA. Ek maak sommer die pannekoekmengsel uit my kop aan, maar toe sien ek die mengsel is vanaand te dik.  Toe het ek ‘n ekstra koppie water by gesit. Toe ek amper klaar gebak het, val dit my by dat ek nooit eiers in die mengsel gesit het nie. Dit was steeds heerlik sag.

  • 1 koppie olie
  • 8 koppies water
  • 50 ml suurlemoensap
  • 6 koppies koekmeel
  • ½ teelepel sout
  • 2 teelepels bakpoeier

Klits alles saam tot mengsel glad en sonder klonte is.
Bak in warm pan aan albei kante wat met olie gespuit is of met Spray ‘n Cook. Bedien met kaneelsuiker of enige soet of soutvulsel.

NOTA:
Die pannekoek was heerlik sag en ek het geensins gesukkel dat die pannekoeke uitmekaar val nie.
Dit maak 40 – 50 pannekoeke, hang af hoe groot jou pan is. Ek het 2 regte pannekoekpanne, ongeveer 20 cm in deursnee. Ek kry so 40 uit.

Resep: Gillian Vermeulen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page