PANNEKOEK PAKKIES MET MAALVLEIS
- Klits die volgende saam:
- 2 koppies water
- 1 koppie melk
- 2 eiers
- 125 ml olie
- 1 eetlepel asyn
- Meng die droë bestanddele saam:
- 2 koppies koekmeel
- 2 teelepels bakpoeier
- 2.5 ml sout
Meng die droë bestanddele met die vloeistof en klits goed. Laat staan vir ‘n uur. Bak die pannekoeke soos gewoonlik in ‘n warm pan.
Ek het gewone gegeurde maalvleis gemaak.
- 500 g maalvleis
- 1 ui, gekerf en gebraai saam 1 teelepel knoffel
- 1 blik tamatie en uie smoor
- 125 ml blatjang
- 1 teelepel maalvleis speserye
- sout en peper en gemengde kruie na smaak
- 1 teelepel Maizena, vir verdikking aangemaak met bietjie water
- ekstra:
- 200 g gerasperde Mozzarella kaas
- 1 koppie room
- gerasperde kaas
Braai die ui en knoffel saam tot deurskynend, voeg die maalvleis saam en braai tot bruin.
Voeg die res van die bestanddele by en kook deur. Verdik met Maizena om maalvleis minder souserig te maak.
Plaas Mozzarella kaas blokkies op elke pannekoek en ‘n groot skep maalvleis bo-op.
Vou toe en plaas in ‘n oondbak.
Giet die room oor, strooi ekstra kaas oor.
Bak vir 15 min op 180°C.
Nota:
Ek het 9 pakkies uitgekry.
Resep geplaas deur Suenell Liebenberg
Foto: Suenell Liebenberg