Your Recipe Blog

PANNEKOEK MUFFINS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 15 - 20 minute | Servings: 30 muffins

PANNEKOEK MUFFINS

Ek het vandag die pannekoek muffins gemaak. My man sê dit is heerlik!

  • 3 koppies (750 ml) water
  • ½ koppie (125 ml) olie
  • 1 teelepel (5 ml) sout
  • 2 ekstra groot eiers
  • 1 eetlepel (15 ml) bruinasyn
  • 2 koppies (500 ml) bruismeel
  • 5 eetlepels (75 ml) suiker

Meng droë bestanddele en vloeistowwe in aparte houers. Meng dan alles goed saam.
Beslag is slap soos pannekoek deeg, maar dit is reg dit moet so wees.
Skep gesmeerde muffin holte ¾ vol.
Strooi bietjie kaneelsuiker oor.
Bak 15 – 20 minute by 180°C.
Strooi weer bietjie kaneelsuiker oor.

Foto: Ronell Visser Gouws

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5