PANNEKOEK MET BURGER “PATTIES” EN SOETRISSIE UIE SOUS
- 6 gaar pannekoeke
- 6 burger patties
- 2 uie
- 1 koppie soetrissiesous
- 3 eetlepels botter
- ¼ koppie koekmeel
- ½ koppie melk
- 2 koppies kaas, gerasper
Bak die pannekoeke en plaas 4 van die 6 dan in ‘n oondbak.
Maak die burger patties gaar en plaas bo-op die pannekoek. Sny die uie in blokkies en braai tot lekker sag in ‘n pan. Voeg “sweet chilli” sous by en roer deeglik deur.
Haal van hitte af en giet die sous oor die patties in oondbak.
Pak die ander 2 pannekoeke bo-op die sous.
Smelt die botter, voeg bietjie meel by roer, voeg die melk by en roer deur.
Voeg kwart koppie kaas by en roer, as dit te dik is na u smaak voeg net bietjie melk by en roer. Haal af van hitte af en skep die witsous oor die pannekoeke in die oondbak.
Rasper genoeg kaas oor en plaas in 180°C oond vir 5 minute. Laat staan vir 5 minute en bedien!
Resep en foto: Charlene Clayton