Your Recipe Blog

PANNEKOEK GEBAK MET BROODMEEL

PANNEKOEK GEBAK MET BROODMEEL

My man het dit baie geniet. Vir my is die pannekoek ‘n bietjie swaarder, maar dit bak vinniger as gewone pannekoek.

  • 450 ml broodmeel
  • 500 ml melk
  • knippie sout
  • 2 eiers, geklits

Plaas meel en sout in mengbak. Klits melk en eiers saam, voeg by meelmengsel en klits tot goed gemeng. Laat rus vir so ½ uur in die yskas.
Bak in ‘n warm pan gesmeer met bietjie olie na elke pannekoek.

Wenk:
In plaas van olie in warm pan te gooi, plaas bietjie olie in ‘n bakkie en smeer die pan met papierhanddoek wat in olie gedoop is. Dit werk vir my.

Resep en foto: Ani Fourie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page