Your Recipe Blog

PANNEKOEK- EN VLATERT

PANNEKOEK- EN VLATERT

Het so ‘n ruk gelede die pannekoek en vlatert gesien, wil my verbeel dit was op flr. Dankie Almarie vir die hulp en aanmekaar sit van ‘n baie lekker tert/koek, ons dink daar kan baie variasies gemaak word van die lekkerny.
Ek het sommer my gewone pannekoekdeeg gemaak:

  • 1 koppie bruismeel
  • 2 eiers, geskei
  • sout
  • 2 eetlepels olie
  • melk om te meng

Meng meel, eiergeel, olie en sout saam in ‘n bak. Giet melk geleidelik by tot ‘n pannekoek deeg.
Klits eierwitte styf en vou in die deeg in. Bak 6 dikkerige pannekoeke.

  • Vla:
  • 1 liter melk
  • 4 eetlepels vlapoeier
  • 4 eetlepels suiker
  • 2 eiers, geskei en wit half styf geklop

Bring melk tot kook. Meng vlapoeier, eiergeel en suiker saam en voeg by melk.
Vou eierwitte laaste in en kook net deur. Vla is baie dik.
Strooi kaneelsuiker op pannekoek, skep vla bo-op en pak in lae tot al 6 pannekoeke gebruik is.
Eindig met ‘n laag vla en kaneelsuiker.

Resep en foto: Hennie Van de Merwe

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page