Your Recipe Blog

PANNEKOEK BROODJIES IN LUGBRAAIER

Recipe by
Cook: 15 minute

PANNEKOEK BROODJIES IN LUGBRAAIER

Hierdie is nog ‘n resep wat ek in die lugbraaier gemaak het. My kleinseun het gevra vir pannekoek en aangesien ek nie muffin pannetjies het wat in die lugbraaier pas nie, het ek dit in klein broodpannetjies gemaak en siedaar pannekoek broodjies.

  • 2 koppies koekmeel
  • 2 teelepels bakpoeier
  • ¼ teelepel sout
  • 5 eetlepels suiker
  • 2 eiers
  • 3 koppies water
  • 1 eetlepel asyn

Verhit die lugbraaier tot 180°C.
Sif al die droë bestanddele saam.
Klits al die vloeistowwe saam.
Voeg nou die watermengsel bietjie vir bietjie by die droë bestandele terwyl jy vinnig klits om klonte te voorkom.
Die deeg is baie loperig.
Skep in mini brood pannetjies of as jy het, in muffin pannetjies.
Ek het die pannetjies tot bo volgemaak.
Lugbraai vir 15 minute en toets met pennetjie.
Indien dit skoon uitkom is die pannekoek broodjie reg.
Strooi kaneelsuiker bo-oor elkeen en lugbraai vir nog 1 minuut.

Geniet.

Resep en foto:  Dalene Venner

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page