Your Recipe Blog

PANKOS

PANKOS

“Destyds se jare het my moeder ‘n dis in ‘n pan op die stoof gemaak; ons het dit “Pankos” genoem. Vandag het ek my eie aangepaste weergawe daarvan gemaak. Die hoeveelhede is na skatting en smaak; ek het gevat wat in die huis is.”

  • 1 groot ui, grof gekap
  • ¼ soetrissie (green pepper), fyn gesny (my mense hou nie baie van soetrissies nie; daarom sny ek dit baie fyn)
  • 1 tamatie, geskil en gekap
  • 150 g sampioene, gekap
  • 200 g gesnipperde spek
  • 6 klein kaasworsies, in stukkies gesny (kan vervang word met weense worsies – “viennas”)
  • 4 eiers, geklits en gemeng met sowat 100 ml melk
  • handvol gerasperde kaas (ek het wit Cheddar gebruik)
  • sout en geurmiddels na eie smaak
  • gekapte pietersielie
  • paprika

Braai uie in ‘n bietjie olie in pan.
Voeg soetrissie en tamatie by en braai.
Voeg sampioene by en braai ‘n minuut of drie.
Voeg spek by en braai tot amper gaar.
Voeg worsies by en braai vir sowat ‘n minuut. Van hier af word mengsel nie meer geroer nie.
Giet eiermengsel bo-oor alles. Voeg geurmiddels by (ek het ‘n knippie sout, ‘n klein bietjie rooipeper en aromat gebruik).
Strooi gekapte pietersielie oor (ek het gedroogde pietersielie gebruik).
Sit pan se deksel op en draai stoof op lae hitte.
Hou eiermengsel dop. Wanneer dit so driekwart gestol is, strooi kaas oor en ‘n bietjie paprika.
Sit deksel terug en wag tot eiermengsel heeltemal gestol is.
Sny in skywe en bedien.
Vir middag- of aandete kan ‘n slaai saam met dit bedien word. Dit is baie vullend.

Resep en fotos: Hester Engelbrecht

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5