PANINI MET VULSEL
Sommer net iets lig! Mens kan hoender ook gebruik.
- 2 Paninis deurgesny, in oondbak gepak
- Vulsel:
- ½ groen soetrissie, gekerf
- ½ ui, gekerf
- 6 stukke ham, opgesny
- 1 koppie gerasperde kaas
- 1 koppie mayonnaise
Meng alles saam, sit op panini halwes.
Strooi droë gemengde kruie en paprika oor.
Bak in oond by 180°C tot mengsel lekker borrel.
Kan gaar hoender ook gebruik in plek van ham.
Foto en resep: Marie Dumas Jennings
Category: