Your Recipe Blog

PANINI MET HOENDER EN WONDERSOUS

PANINI MET HOENDER EN WONDERSOUS

Hierdie sous wat ek al jare lank ook saam vars, rou groenteborde bedien. Dit bewaar baie goed in die yskas vir baie lank.

  • panini
  • avokado
  • gebraaide hoenderborsie, opgesny
  • blaarslaai
  • tamatieskywe
  • komkommer
  • Sous:
  • 1 bottel mayonnaise
  • 1 blikkie kondensmelk
  • 1 gerasperde ui
  • 2 agurtjies, gerasper
  • 1 teelepel Worchestersous
  • 2 teelepels suurlemoensap

Sny die broodjie in die middel deur.
Een helfte per persoon.
Smeer botter op en sit blaarslaai, tamatie, komkommer, avokado en gesnyde hoenderborsie bo op.
Skep van die wonder mayonnaise sous oor die hoender na smaak.

Sous:
Neem ‘n groot bottel mayonnaise. Voeg ‘n blikkie kondensmelk by. Rasper die ui en agurtjies by.
Voeg die worchestersous en suurlemoensap by. Meng goed deur.
Bere in yskas in ‘n bottel.  Dit hou lank want die basis is mayonnaise.
Baie vullend. Ons het lekker geëet!

Resep en foto:  Frans van Rensburg

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page