PANGEBRAAIDE RUMP MET MIELIEMEELKORS
- ½ koppie koekmeel
- ½ koppie growwe mieliemeel (Jan Braai)
- 2 eetlepels Robertson’s Masterblends Traditional Braai Mix
- 3 – 4 rump steaks
- olie vir vlak braai
Meng die meel en speserye saam in ‘n vlak bak of bord.
Doop albei kante van die rump in die mengsel dat dit goed bedek is.
Plaas op ‘n bord in die yskas vir 30 min.
Maak ‘n groot genoeg pan goed warm, giet Canola olie in om bodem te bedek met genoeg olie vir vlak braai.
Braai die steaks vir paar minute op elke kant, sodat net “medium rare” en bedien dadelik.
Bedien saam met gebakte aartappel en slaai met heuning, lemmetjie, mosterd, olyf olie en balsamiese asyn perêltjies.
Resep en foto: Elsabie Templeton