PAMPOEN, UIE EN EIERVRUGGEBAK
- 4 dun snye pampoen, skil aan, pitte verwyder
- ½ ui, in dun skywe gesny
- 1 eiervrug gesny in blokkie (aubergine)
- sout en peper
- 1 teelepel droë tiemie
- 150 ml room of klapperroom
- kaas om bo-oor te strooi
Plaas die pampoen, uie en eiervrug in ‘n gesmeerde oondbak.
Sprinkel elke laag met ‘n bietjie sout, en eindig met die peper en tiemie.
Giet die room bo-oor en bak 30 minute bedek by 190°C.
Sprinkel nou die kaas bo-oor en bak nog 25 minute onbedek.
Laat effens afkoel en bedien met ‘n vleis van jou keuse.
Resep en foto: Ilze Jacobs