PAMPOEN- EN PIESANG PLAATKOEKIES
Ons het dit saam met braaivleis geëet vanaand – heerlik!
- 2 koppies botterskorsie
- 1 koppie bruismeel
- 2 eiers
- 1 piesang
- 3 eetlepels kaneelsuiker
- 50 – 75 ml maas/karringmelk
- 1 teelepel bakpoeier
- olie/botter vir braai
Druk die pampoen en piesang fyn en meng al die bestanddele deeglik saam.
Bak soos plaatkoekies, lepelsvol in bietjie olie/botter oor medium hitte.
Sprinkel met kaneelsuiker (opsioneel).
Eet warm as bykos, of koud saam met roomys as nagereg.
Resep en foto: Meyer Combrinck












