Your Recipe Blog

PAMPOEN- EN PATATTERT

Recipe by
Cook: 45 minute

PAMPOEN- EN PATATTERT

  • 125 ml bruinsuiker
  • 125 ml sagte botter
  • 3 eiers geklits
  • 5 ml sout
  • 5 ml vanilla geursel
  • 240 ml bruismeel
  • 500 g pampoen geskil, gekook en fyn gedruk
  • 250 g patat (oranje patat het meeste smaak) geskil, gekook en fyn gedruk
  • fyn kaneel vir bo-oor strooi

Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit ’n oondbak met kossproei.
Verroom die botter en suiker saam.
Klits die eiers en vanilla geursel by tot goed in gemeng.
Voeg die sout en bruismeel by en meng deur.
Meng die fyn gedrukte pampoen en patat goed deur en voeg by die bestanddele en meng alles saam tot ‘n gladde beslag.
Skep in die oondbak en bak vir 45 minute tot goudbruin en gaar.

Foto en resep: Johan Rossouw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5