Your Recipe Blog

PAMPOEN-EN FETA MUFFINS

Cook: 10 - 20 minute | Servings: 12

PAMPOEN-EN FETA MUFFINS

Ek is opgepluk met myself!  Ek is al 3 maande glutenvry en het hierdie resep suksesvol met glutenvrye meel gemaak.  Foto is van die muffins in ‘n broodpannetjie gebak want die uwe het net ‘n 6- holte muffinpan gehad.

  • 255 g gekookte pampoen
  • ‘n handvol baba-spinasieblare, geskeur of gekap
  • 2 eetlepels gekapte pietersielie of koljander
  • 4 eetlepels sonneblomsade
  • 30 g gerasperde Parmesankaas
  • 100 g Fetakaas
  • 1 eetlepel korrelmosterd
  • 2 groot eiers
  • 180 ml melk
  • 2 koppies glutenvrye meel
  • 4 teelepels bakpoeier
  • 1 teelepel fyn sout
  • varsgemaalde swartpeper na smaak

Meng die pampoen, spinasie, pietersielie, sonneblomsade, Parmesankaas, ⅔ van die Feta en die mosterd liggies saam.
Meng die eiers en melk saam in ‘n aparte mengbak.  Voeg die melkmengsel by die pampoenmengsel.
Sif die meel, sout en bakpoeier by die beslag, sprinkel varsgemaalde swartpeper oor en meng versigtig deur.
Spuit of smeer ‘n 12-holte muffinpan en skep elke holte ⅔ vol met die  pampoenmengsel.
Strooi die oorblywende fetakaas eweredig bo-oor die pampoenmengsel in die holtes.
Bak vir 10 – 20 minute in ‘n voorafverhitte oond teen 200 ºC.
Geniet dit warm met botter.

Resep en foto:  René Mouton

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page