Your Recipe Blog

PAASBOLLETJIES

PAASBOLLETJIES

  • Rolletjies:
  • 250 ml warm melk
  • 90 g (100 ml) botter, gesmelt
  • 1 eier
  • 65 g (80 ml) suiker
  • 10 g sout
  • 10 g kitsgis
  • 15 ml fyn kaneel
  • 15 ml gemengde speserye
  • 500 g (890 ml) koekmeel
  • 140 g (250 ml) rosyne
  • Kruise:
  • 60 ml koekmeel
  • 15 ml olie
  • 30 ml water
  • Glasuursel: Kook saam vir 5 minute:
  • 100 ml water
  • 50 ml suiker
Verhit oond tot 180 ˚C.
Meng melk, botter, eier, suiker, sout en gis in ‘n middelslag-mengbak.
Voeg speserye en genoeg meel by tot ‘n stywe, kniebare deeg. Knie vir 5 – 8 minute of tot deeg gladde voorkoms het. Laat deeg op ‘n warm plek rys tot dubbel die volume, sowat 1 uur.
Voeg rosyne by en knie af tot rosyne ingemeng is. Laat weer rys tot dubbel die volume, sowat 30 – 45 minute.
Verdeel in gholfbalgrootte bolletjies (80 g) en plaas stewig teen mekaar in ‘n broodpan.
Laat rys tot dubbel die volume, weer sowat 30 – 45 minute.
Kruise
Meng bestanddele vir kruise saam tot stywe pasta. Spuit kruise bo-oor deeg met versiersak.
Bak vir 30 – 35 minute tot goudbruin en gaar.
Glasuursel

Verf met glasuursel nadat dit uit die oond gekom het en laat afkoel. Sit voor met botter.

Resep en foto: Natacha Visagie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5