PAASBOLLETJIES (HOT CROSS BUNS)
Resep geplaas deur Elaine Steyn
Hooffoto: Carli Fourie
2de Foto: Elain Steyn
- Bolletjies:
- 15 ml kitsgis
- 125 ml witsuiker
- 375 ml warm melk
- 4¼ koppies koekmeel
- 10 ml kaneel
- 10 ml gemengde speserye
- 2.5 ml sout
- 375 ml vrugtekoekmengsel
- 50 g gesmelte bakmargarien
- 1 eier
- ¼ koppie ekstra koekmeel
- Kruise:
- 125 ml koekmeel
- 75 ml koue water
- Glaseersel:
- 15 ml appelkooskonfyt
- 30 ml water
- Meng die koekmeel, gis, suiker, kaneel, sout en gemengde speserye in ‘n staanmenger bak en meng liggies met deeghaak.
- Voeg margarien, melk, eier en vrugte by en meng op spoed nr 2 vir 5 minute, tot elasties. Voeg van die ekstra koekmeel by na 1 minuut indien nodig.
- Jy kan dit ook as alternatief vir 10 minute knie met die hand op ‘n meelbestrooide oppervlak.
- Deeg is gereed wanneer dit nie breek wanneer jy dit rek nie.
- Eerste rys:
- Bedek die deeg in die bak met ‘n doek en plaas op ‘n warm plek om te rys tot dubbel die volume, ongeveer ‘n uur.
- Knie die deeg af en vorm in 12 ewe groot stukke.
- Rol in bolletjies en rangskik in gesmeerde oondpan.
- Smeer ‘n stuk kleefplastiek met olie en bedek die bolletjies.
- 2de rys:
- Laat rys op ‘n warm plek vir ongeveer 30 minute tot 75% gerys (minder as dubbel).
- Stel die oond op 180°C ongeveer halfpad deur die rys proses.
- Kruise:
- Meng die koekmeel en water om ‘n dik loperige pasta te vorm. Skep in versierbuis, verwyder kleefplastiek van die deeg en spuit kruise op bolletjies.
- Bak vir sowat 22 minute tot diep goudbruin van kleur.
- Glasering:
- Meng intussen konfyt en water in ‘n mikrogolfbestande bakkie en mikrogolf vir 30 sekondes tot dit warm en gesmelt is.
- Verwyder gaar bolletjies uit die oond en plaas op ‘n afkoel rak.
- Verf die bolletjies dadelik met die konfytmengsel.
- Laat bolletjies afkoel tot lou en bedien.
Category:













