Your Recipe Blog

OUVROUENS-ONNER’IE-KOMBERS OP SOETROOI PERSKESOUS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 45 minute

OUVROUENS-ONNER’IE-KOMBERS OP SOETROOI PERSKESOUS

‘n Klassieke Kaaps-Afrikaanse en Kaaps-Maleise gereg!
Dit is belangrik om die maalvleisvulsel vooraf behoorlik deur te meng.

  • 500 g bees- of lamsmaalvleis
  • 1 groot fyngekerfde ui
  • 1 koppie fyngekerfde agurkies, opsioneel
  • sowat 5 – 6 groot koolblare
  • Maleise kerriepoeier (of enige ander kerriepoeier, maar die Cape Malay-handelsmerk is die beste)
  • 1 koppie beesvleisaftreksel
  • Vir sous:
  • 1 blikkie gekerfde tamatie
  • 1 ui, in ringe gesny
  • 2 perske-kerne (Sny kante van perskes af sodat ‘n vlesige kern met pit en al oorbly. Hou die perske-snysels)
  • 1 teelepel heuning
  • 2 eetlepels paprika
  • 2 teelepels borrie
  • 1 handjievol sultana-rosyne, vir garnering en gees

Meng die maalvleis met die ui, agurkies en Maleise kerriepoeier. Geur met genoeg sout en peper.
Stoom die koolblare:
Sny die harde rugstroke uit die blare. Bedek in ‘n sif oor ‘n kokende pot water vir sowat 5 minute – tot sag, maar nie heeltemal pap nie.
As die blare tasbaar afgekoel het, skep jy omtrent ‘n eetlepel maalvleismengsel per blaar in en vou netjies toe. Steek vas met ‘n tandestokkie en pak die oumatjies in ‘n pyrex/glas oondbak of iets soortgelyks.
Maak die vleisaftreksel aan en giet oor die oumatjies in die bak. Pak die perske snysels tussen die oumas; dis hulle kussings!
Bak sonder deksel vir sowat ‘n 3/4 uur op 200 ºC.
Die sous:
Terwyl die oumas slaap, voeg jy die borrie en paprika in ‘n souspan met warm olie; braai die ui daarmee saam tot glasig en geurig.
Voeg nou die tamatie by en meng deur. Laat prut.
Wanneer die oumas gaar is, skep hulle uit die bak en voeg die sous uit die oondbak by die pruttende sous.
Geur die rooisousie met sout, peper, nog paprika en voeg die heuning en perske-kerne by.
Laat afkook tot dik, garneer met sultana-rosyne en laat staan vir so rukkie.
Bedien die oumas bo-op die rooisousie, saam met geelrys of gebraaide aartappels.
Julle sal almal vir my sê “Terima kassie!” na die eerste hap 😋😋

Resep en foto:  Frederik Rudolph van Dyk

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page