OUVROU ONDER DIE KOMBERS
Hoeveelhede is na gelang van gesinsgrootte. Frikkadelle grootte van ‘n eier.
- Frikkadelle:
- 500 g maalvleis, gemeng met 1 eier
- sout en peper na smaak
- 1 fyn gekapte ui
- 1 sny fyn brood
- Ekstra:
- blatjang, Worcestersous of wat ookal jou smaakkeuse is vir die sous smaak
- “BBQ spice” of braai speserye
- 1 blik tamatie- en uiesmoor
- 1 eetlepel suiker
- 1 vars kool
Neem goeie vars kool (sjoe die een van vandag was ekstra mooi en het pragtige blare gehad) breek buite blare af.
Ek spoel myne in soutwater vooraf om seker te maak dit is sand/gogga vry.
Sny die harde draad uit en maak seker dit sal om die frikkadelletjie pas.
Week die blare in kookwater om hanteerbaar te maak.
Rol die frikkadelle en vou elke een toe in ‘n koolblaar, ek hou bietjjie vleis vir oorstrooi eenkant.
Plaas die koolrolletjies in ‘n geskikte oondpan, wat liggies met olie gesmeer is.
Giet ongeveer 1 koppie kookwater onder in die pan, dit word jou sousie.
Giet die blik tamatie- en uismoor egalig oor die kool en vleis.
Sprinkel die suiker en ekstra bietjie malvleis egalig oor.
Sprinkel bietjie speserye oor (aangesien dit die kool) smaak kan gee, of bietjie Worcestersous.
Bedek met deksel of foelie.
Plaas in vooraf verhitte oond. Ek sit myne vir eerste 15 min op 200°C en oorblywende 40 min by 180°C.
Hou vloeistof dop. Sous is lekker saam kos.
Bedien op rys.
Foto en resep: Daleen Terblanche