OUVROU IN ‘N ROL – KOOLROLLE
Iets heeltemal anders! Ek het in my lewe nooit gedink ek sal so iets maak nie…gevulde kool rolle.
- 500 g maalvleis
- 1 eier
- 1 koppie gaar rys
- 1 ui, gekerf
- 15 ml tamatiesous
- 15 ml blatjang
- 15 ml Worcestersous
- 15 ml braaisous
- 30 ml flippen lekka spice
- 15 ml knoffel flokkies
- 1 blik tamatiestukke
- 15 ml paprika
- 15 ml peppadew spice
- 10 koolblare
- 10 ml gemengde/Italiaanse kruie
Voorverhit jou oond to 190°C.
Kry ‘n groot pot half met water aan die kook.
Meng die maalvleis, eier, gaar rys, ui, tamatiesous, blatjang, Worcestersous, braaisous, flippen lekka spice en knoffel flokkies saam.
Sit die koolblare in die kookwater vir so 5 minute sodat begin sag word. Dit maak die oprol makliker.
Skep so 2 lepels vol vulsel op ‘n koolblaar en begin dit oprol/opvou. Onthou om die kante ook in te vou.
Sit jou koolrolle in ‘n oondbak. Sprinkel paprika en peppadew spice oor.
Skep die blik tamatiestukke oor. Sprinkel die kruie oor.
Bedek met foelie.
Bak vir 75 minute teen 190°C. Stel die oond af na 160°C en bak vir nog 90 minute.
Die meeste water behoort nou weggebak te wees.
Bak nou onbedek tot die oorblywende sous dikkerig is en die baksel begin verkleur.
Bedien saam met ‘n gekookte aartappel.
Resep en foto: Wayne Dugmore