Your Recipe Blog

OUTYDSE SOUSKLUITJIES

OUTYDSE SOUSKLUITJIES

  • 400 ml koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 2.5 ml sout
  • 20 ml margarien
  • 2 eiers
  • 70 ml melk

Meng droë bestanddele en vryf margarien goed met vingers deur.
Klits eiers.
Voeg melk en eiers by meelmengsel in roer om deeg te vorm.
Kook 1.5 liter water met ‘n knippie sout in ‘n groot kastrol.
As die water kook, skep lepels vol deeg in en sit deksel op, verminder die hitte.
Laat kook vir 15 min sonder om die deksel te lig.
Skep kluitjies uit in bak.
Gooi oorblywende water by kluitjies, gooi suiker en kaneel oor soos jy van dit hou en sit paar klontjies margarien bo-op.

Resep en foto:  Johan Coetzee

2 Reviews

  1. Elize Oliver

    Heerlik!! Baie dankie uit Perth!!

    Star
  2. Elke

    Heerlik vinnig en maklik

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page