OUTYDSE SOETKOEKIES MET STROOISUIKER
- 50 g margarien
- 375 ml strooisuiker
- 2 eiers
- 700 ml koekmeel
- 10 ml kremetart
- 5 ml koeksoda
- 2 ml sout
Verroom margarien en suiker tot baie goed gemeng. Voeg eiers by en meng deeglik.
Voeg dan die meel, kremetart, koeksoda en sout by die eiermengsel. Meng tot ‘n sagte deeg.
Maak goed toe en laat staan vir so 2 ure.
Rol klein balletjies of strooi meel en rol deeg uit.
Nota:
Ek rol dit altyd uit met koekroller en druk verskillende patrone.
Die deeg is papperig, maar as dit ‘n ruk staan raak dit baie lekker om te hanteer.
Bak teen 190 ºC vir ongeveer 10 minute of tot net bruin.
Resep geplaas deur Tessie Els Kemp
2de Foto: Tessie Els Kemp
Foto: Charmaine Mostert – Baie lekker maak veral oor kersfees van die met royal icing.