Your Recipe Blog

OUTYDSE SKUIMPOEDING

OUTYDSE SKUIMPOEDING

My Ma het dit altyd vir ons gemaak sommer in die week as poeding. Oumense het ook gepraat van basaarpoeding. Die poeding kan aangepas word na die geur jellie en vrugte wat jy wil gebruik. Aarbeie met aarbeijellie, Granadilla met granadillajellie of groenpruimjellie of suurlemoenjellie met blik gemengde vrugte.

  • 1 blik Ideal melk oornag verkoel
  • 1 pakkie suurlemoenjellie (hang af watse geur jy die poeding maak en watse vrugte jy gebruik)
  • 1 pakkie tennisbeskuitjies vir die kors
  • 1 blikkie fyn pynappels

Pak tennisbeskuitjies onder in glasbak vir die kors van die poeding.
Plaas die stroop van die fyn pynappels in maatbeker en vul met water aan tot 250 ml.
Verhit vloeistof en maak jellie aan daarmee. Verkoel jellie maar nie tot gestol nie.
Klits Ideal melk styf, ROER die afgekoelde jellie asook vrugte by die styf geklitste melk tot gemeng.
Skep in bak, krummel van die tennisbeskuitjies bo- oor.
Plaas in yskas tot gestol.

Resep en foto: Elbie Gouws

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page