Your Recipe Blog

OUTYDSE LEMOENKOEK

Cook: 25 - 30 minute

OUTYDSE LEMOENKOEK

Yolanda Van Wyngaard – Ek het die resep gebruik en dit is ‘n wenner. Die mense vir wie ek dit die eerste keer gebak het, het twee keer na dit weer die lemoenkoek bestel.

  • 2 koppies koekmeel waarvan 2 eetlepels verwyder is
  • 1 ½ koppie suiker
  • 4 ekstra groot eiers
  • 2 rondvol eetlepels margarien
  • 2 eetlepels kookolie
  • 3 teelepels bakpoeier
  • 2 rondvol eetlepels Maizena
  • 1 teelepel fyn gerasperde lemoenskil
  • 1 ½ koppies lemoensap
  • ½ teelepel sout

Klits die eiers, suiker en lemoenskil vir 10 minute met ‘n elektriese klitser.
Meng die lemoensap, olie en margarien in ‘n kastrol, verhit tot kookpunt en skakel die plaat af.
Sif die droë bestanddele saam en klits by die eiermengsel in.
Giet die kokende oliemengsel oor die beslag en vou in met ‘n spaan tot alles goed ingevou is.
Giet die beslag in 2 voorbereide koekpanne wat uitgevoer is met bakpapier op die bodem.
Bak in ‘n voorverhitte oond teen 180ºC vir 25 – 30 min.

Foto: Yolanda Van Wyngaard
Resep: Dionné Page Olivier

Category:

2 Reviews

  1. Jackie burger

    hoekom ruis die koek nie plar en kluitjierig

    Star
    • Jackie, soos jy op die foto kan sien die koek bak perfek, daar moes iets anders by jou fout gegaan het. Is jou rysmiddel vars, was die eiers en bestanddele kamertemperatuur? Het jy nie die beslag oormeng nie, was jou oond se temperatuur reg, en sommer nog vele meer. Jammer vir jou ondervinding.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page