Your Recipe Blog

OUTYDSE KONFYTTERTJIES

Recipe by
Cook: 15 min

OUTYDSE KONFYTTERTJIES

Resep en foto: Amanda Austen – Regte Jam-tertjies

  • 5 x 250 ml koekmeel
  • 10 ml koeksoda
  • 500 ml suiker
  • 2 ml sout
  • 10 ml kremetart
  • 180 ml melk
  • 3 eiers
  • 125 g margarien of botter
  • konfyt vir binne die tertjies
  • Opsioneel: eier en melkmengsel vir bo-oor verf
  • Voorverhit die oond tot 180°C. Klits die botter en suiker tot lig en romerig. Voeg die eiers een vir een by en klits goed.
  • Los die koeksoda in die melk op en voeg by. Klits deur.
  • Voeg die res van die bestanddele by en meng tot ‘n sagte deeg. Rol die deeg dun uit en druk sirkels uit.
  • Smeer die kante met yswater en skep konfyt in die middel van die sirkel. Vou dubbel en druk die kante toe met ‘n vurk.
  • Ek het bietjie eier en melkmengsel bo-op gesmeer.
  • Bak 15 min lank of tot goudbruin.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page