Your Recipe Blog

OUTYDSE KOFFIEKOEKIES

OUTYDSE KOFFIEKOEKIES

Weereens dit is grootmaat koekies, en ek het geen idee hoeveel koekies uitkom nie, ek tel nie koekies nie, ek bak en verpak.

  • 14 koppies koekmeel
  • ½ teelepel sout
  • 2 koppies geel- of ligbruin suiker
  • 500 g botter
  • 350 g varkvet, (kan vervang word met botter), kamertemperatuur
  • 500 g goue stroop
  • 5 teelepels koeksoda
  • 5 eetlepels Frisco poeierkoffie
  • 1 koppie kookwater
  • 4 teelepels vanilla geursel

Meng meel, suiker, sout in ‘n groot skottel, frummel die botter in, dat dit lyk soos fyn broodkrummels.
Voeg die stroop by en meng deur.
Voeg koeksoda en vanilla in ‘n beker en hou dit oor die skottel met die meelmengsel.
Skink die kookwater in die beker waarin in die koeksoda en vanilla is en roer, dit kook oor in die skottel.
Meng die deeg goed, rol uit en bak dadelik. Ek bak op 170 ºC in my “thermo” oond 10 min dan draai ek die panne om, en dan weer 10 min, ek het 3 rakke in my oond, daarom draai ek dit.

Nota:
As dit oorstaan word dit te styf en die meultjie draai te moeilik.
Wanneer die koekies koud is, plak twee-twee op mekaar met versiersuiker van jou keuse.

Janita Van Rhyn:
Ek gebruik die vulsel vir opmekaar plak:

  • 200 g versiersuiker
  • 2 eetlepels margarien, gesmelt in mikrogolf
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • 2 eetlepels sterk koffiepoeier

Meng alles saam en gebruik.

Resep geplaas deur Alta Gunter van Dyk (uit vroue federasie boek)
Foto: Alta Gunter van Dyk

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page