Your Recipe Blog

OUTYDSE GORTSOP

OUTYDSE GORTSOP

Ek het die resept vir outydse ‘Gortsop’ gemaak en wat is hy lekker!!
Ek het net ‘n paar veranderinge gemaak, in plaas van so baie uie die helfte vervang met prei en 1 groot aartappel by gesit in die eerste kook fase. Daarna het ek die vleis en lourier blare uitgehaal en alles wat in die pot was met ‘n “stick blender” fyn gemaak, toe die vleis en res van die groete in gesit.

  • 1 kg sopbene
  • 500 g stowebeesvleis, in klein blokkies gesny
  • 1 groot ui, fyn gekap
  • 2  prei, ringe gesny
  • 5 wortels, gekap
  • 1 groot of 2 medium aartappels, blokkies gesny
  • 6 selderystele, gesnipper
  • 2 lourierblare
  • 1 handvol vars pietersielie, fyn gekap
  • 4 liter water
  • sout en peper na smaak
  • 1 x 410 g blik gekapte tamaties
  • 250 ml (1 koppie) gort
  • 10 ml (2 teelepel) suiker
  • ekstra vars pietersielie en fyn gerasperde suurlemoenskil, om af te rond

Verhit die bene, vleis, uie, aartappel blokkies en die helfte prei, die helfte van die wortels, die helfte van die seldery, lourierblare, pietersielie, water en ‘n bietjie sout en peper saam in ‘n groot kastrol tot kookpunt.  Bedek en prut stadig vir sowat drie uur, of tot die vleis sag is.

Haal die bene, vleis en lourier blare uit en hou dit eenkant.  Vat ‘n staaf menger en maak alles fyn.  Plaas  vleis terug in die pot.  Voeg die res van die bestanddele by en prut vir sowat een uur, of tot die gort lekker sag is.
Geur na smaak. (Voeg ekstra water of ‘n bietjie vleisaftreksel by as die sop te veel afkook)

Resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie
Foto: Nathalie Jessica Koekemoer- Groot

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page