Your Recipe Blog

OUTYDSE GEMMERPOEDING

Recipe by
Cook: 40 - 45 minute

OUTYDSE GEMMERPOEDING

  • 2 koppies koekmeel
  • 1 koppie suiker
  • 2 koppies melk
  • 1 eetlepel asyn
  • 2 eiers
  • 2 teelepels bakpoeier
  • 2 teelepels koeksoda
  • 2 teelepels gemmer
  • 2 eetlepels appelkooskonfyt

Voorverhitte oond tot 180°C. Spuit oondvaste bak met Spray and Cook.
Los die koeksoda in ‘n bietjie van die melk op en hou eenkant.
Meng die nat bestanddele saam.
Sif die droë bestanddele saam in aparte bak.
Meng die nat bestanddele by die meelmengsel in, roer die koeksoda melk by en meng deur.
Skep mengsel in voorbereide bak. Bak vir 40 tot 45 min. tot gestol en bruin.

  • Kook die volgende saam vir die sous:
  • 1 koppie suiker
  • 2 teelepels gemmer
  • 1½ koppies water

Gooi die warm sous oor die warm poeding sodra die poeding uit die oond uitkom.
Laat staan ‘n rukkie en bedien met vla of roomys.

Foto en Resep : Linda Diedericks

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page