OUTYDSE FRIKKADELLE
Ek kook nog ouskool en dit is soos ek geleer het, daar kom rys en asyn in die frikkadelle.
- 1½ kg maer beesmaalvleis
- 1 medium ui, fyn gekap
- 1 groot tamatie, geskil en fyn gekap
- 1 koppie gaar rys
- 1 eetlepel “BBQ spice”
- 2 teelepels gebreekte koljander
- 1 teelepel Aromat
- ½ teelepel varsgemaalde swart pepper
- 3 eetlepels asyn
- 2 eiers
Meng al die bestanddele saam en vorm frikkadelle.
Bak in vlak olie aan al kante mooi bruin, maar nie droog nie.
Gebruik die pan om sous te maak:
Sit bietjie water in die pan en meng bietjie bisto en meel tot ‘n paste, en voeg by die pansappe.
Roer en kook deur tot gaar en verdik.
Foto en resep: Alta Gunter Van Dyk