Your Recipe Blog

OUTYDSE BOBOTIE

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 min

OUTYDSE BOBOTIE

  • 2 snye wit brood
  • 250 ml melk
  • 1 groot ui, gekap
  • 30 ml olie, om ui in te braai
  • 37,5 ml suurlemoensap
  • 15 ml kerriepoeier
  • 5 ml borrie
  • 8 ml suiker
  • sout en peper na smaak
  • 1 kg maalvleis
  • 120 ml rosyne
  • 2 eiers, geklits
  • 50 ml blatjang
  • Bolaag:
  • 4 eiers
  • 100 ml melk (ek gebruik sommer die melk wat oor is, as die brood uitgedruk is)

Week die brood in die melk.
Braai die ui tot glasig in die olie.
Voeg die kerrie, borrie, suiker en suurlemoensap by die uie.
Druk die melk uit die brood uit en druk die brood fyn met ‘n vurk.
Voeg die brood by die uie mengsel.
Voeg die maalvleis, geklitse eiers, sout en peper, blatjang en rosyne by die uie en broodmengsel.
Roer deeglik deur. Laat prut 5 min.
Spuit ‘n oondbak met kleefwerende kossproei en skep die mengsel daarin en maak gelyk.
Klits die 4 eiers en die melk en giet bo-oor die bobotie.
Bak 30 min op 180 ºC.
Bedien met geelrys en rosyne.

Resep and foto: Amanda Austen

One Review

  1. Anton Kriegler

    Een koppie hawermout (oats) of een koppie gekookte afgekoelde patat kan ipv die 2 snye witbrood gebruik word. Die hawermout kan in die melk geweek word en dan oor ‘n sif uitgedruk word en vir die patat kan ‘n bietjie van die melk by die mengsel gegooi word as dit te styf is. Amasi of karringmelk ipv melk vir die eiervla wat bo-op kom, gee ‘n wonderlike tekstuur en smaak aan die bolaag

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5