Your Recipe Blog

OUTYDSE BLIKKIE KERRIEVIS

OUTYDSE BLIKKIE KERRIEVIS

Die resep het ek nog van ‘n Kaapse Maleier gekry. Orals waar ek gaan en iets eet waarvan ek hou, bedel ek die resep. Dit proe soos die regte blikkies vis van vroeër jare.

  • 1 kg snoek/ hake, in porsies gesny
  • sout na smaak
  • kookolie vir vlakbraai
  • 2 groot uie, in ringe gesny
  • 5 knoffelhuisies, gekap
  • 2 koppies asyn
  • 2 koppies water
  • 2 teelepels fyn koljander
  • 2 teelepels fyn komyn
  • 1 eetlepel masala
  • 1 teelepel borrie
  • 2 lourier blare
  • 4 elk wonderpeperbessies en naeltjies
  • ¼ teelepel peperkorrels
  • suiker na smaak

Geur vis met sout, druk in meel, en braai in olie tot gaar.
Behou olie en plaas eenkant.
Plaas res van bestanddele behalwe suiker in ‘n kastrol en verhit tot kookpunt.
Verminder hitte en prut tot uie deurskynend maar nog ferm is.
Voeg suiker na smaak by en roer tot opgelos.
Giet warm sous en olie oor vis, maak seker dat elke porsie vis bedek is.

Nota:
Ek laat staan dit gewoonlik so 2 tot 3 dae in die yskas, is altyd lekkerder wanneer dit ‘n paar dae gestaan het.
Hou tot weke in die yskas, kan selfs ingele word.

Foto en resep: Petré Van Jaarsveld

Category:

4 Reviews

  1. Avatar photosarie Brits

    Kan ek gefriesde gekoopte hake ook gebruik?

    Star
  2. Avatar photoLinda

    Wat is die stappe om dit in te le asb.

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5