OUMA SE VETKOEK
- 1 kg broodmeel
- 1 pakkie kitsgis
- 2 teelepels sout
- 2 eetlepels stroop
- 4 koppies warm water
Meng die broodmeel, kitsgis en sout saam.
Roer die stroop by die warm water.
Meng die water-en stroopmengsel met die meelmengsel.
Knie so 10 min. Laat rys. Knie weer af.
Sny in stukkies, trek deeg met vingerpunte platter en bak in warm olie.
Resep en foto: Louise Jute
Category: