Your Recipe Blog

OUMA SE SONDAGHOENDER EN RYS

Recipe by
| Servings: 4-6

OUMA SE SONDAGHOENDER EN RYS

My Ouma het op Sondae die lekkerste hoender en rys gemaak met net 3 bestanddele… maar as jy keto/low carb is, is rys heeltemal uit! As jy lus is vir huiskos, kan blomkoolrys gelukkig amper enige iets regkry. As jy nie keto is nie, kan jy koue gaar rys in die resep gebruik. Glo my… dis heerlik.

  • 10 ml olyfolie
  • 4 – 6 hoenderporsies
  • 2 – 3 teelepels hoenderspeserye van jou keuse
  • sout en peper na smaak
  • 500 g koue blomkool of gewone rys reeds gaar

Besprinkel die hoender weerskante goed met hoenderspeserye, sout en peper.
Braai die hoender weerskante in’ n oondbestande pan tot goudbruin.
Plaas die deksel op en bak die hoender vir 30 minute in die oond op 190ºC tot gaar.
Skep die meeste oortollige olie en vet uit die pan sodat net bruin stukkies aanbrandsel oorbly en haal die hoender uit die pan.
Skep die blomkool/gewone rys in die pan en braai die blomkoolrys vir 5 minute en gewone rys vir 12 minute oor medium hitte.
Plaas die hoenderstukke bo-op die rys en hou warm in ‘n lou oond tot bediening.
Bedien met groente en/of slaai van jou keuse.

Resep en foto: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page