OUMA SE SOETPATATS
- 6 patats, geskil en in groot stukke gesny of 10 klein heel patats
- ½ koppie suiker
- ¼ koppie gouestroop
- ¼ koppie botter
- 2 koppies water
- knippie sout, ‘n stuk kassia of kaneelstok
- 2 steranys, opsioneel
Kook alles vinnig saam – moet glad nie roer nie en gebruik ‘n spaan om die patats om te draai.
Die water sal verminder, sodra die patats sag word. Verlaag die hitte.
Die patats sal begin braai en karameliseer – draai gereeld om sodat al die kante mooi bruin raak.
Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk












