Your Recipe Blog

OUMA SE MOSTERD

Recipe by
| Servings: 350ml

OUMA SE MOSTERD

‘n Baie lekker mosterd resep van my Ouma.  Hoe langer hy staan hoe lekker word hy. Heerlik op kouevleis.

  • 4 eiers
  • 6 eetlepels asyn
  • 3 eetlepels suiker
  • 1 ½ eetlepel mosterdpoeier
  • knippie sout

Meng die suiker en mosterdpoeier saam sodat die mosterd nie klonte maak as die nat bestanddele bygevoeg word nie.
Voeg die eiers, asyn en sout by.
Klits baie goed met ‘n elektriese klitser.
Verhit oor lae hitte en prut stadig tot dik en gaar.

Resep en foto: Alta de Wet

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page