Your Recipe Blog

OUMA NAOMI SE KLIPSOP

Avatar photo
Recipe by
Cook: 25-30 minute

OUMA NAOMI SE KLIPSOP

My ouma maak altyd vir ons sop wat sy Klipsop noem. Baie mense ken waarskynlik die storie van Klipsop.
Die storie gaan oor ń boemelaar wat by ń ou tannie in die bos oorgeslaap het en toe sop vir haar gemaak het met die tower klip en klomp verskillende bestanddele gebruik het uit haar groente tuin.
Vandag was ek lus vir hierdie spesiale sop en het besluit om my eie weergawe daarvan te maak, gebaseer op my ouma se metode en die storie om ‘n bietjie van alles in te gooi saam met maalvleis.
Hier is my weergawe van Klipsop:

  • 500g maalvleis
  • 1 ui, fyn gekap
  • speserye van jou keuse (ek gebruik Worcester braai-speserye)
  • 2 aartappels, gerasper
  • 2 groot wortels, gerasper
  • 1 pakkie Knorr liquid groenteaftreksel
  • 1 koppie sopmengsel lensies
  • ½ koppie rys
  • ¼ koppie hawermout
  • ongeveer 100 g spaghetti, gebreek
  • 1 pakkie minestrone soppoeier
  • ½ pakkie tamatie soppoeier
  • 1 blikkie tamatie “baked beans”
  • Worcestersous
  • 2 liter kookwater

Braai die maalvleis en ui in ‘n bietjie kookolie tot gaar.
Voeg die Knorr aftreksel by met 2 liter water en meng goed.
Voeg die lensies, rys, hawermout en gebreekte spaghetti by.
Voeg die gerasperde aartappels en wortels by.
Voeg laastens die blikkie boontjies by. Meng die soppoeiers met water in die blikkie en voeg dit by die sop.
Voeg ‘n paar druppels Worcestersous by na jou smaak.
Laat prut vir 25 – 30 minute.
Geniet hierdie heerlike sop.
Dit is ‘n ware bederf!

Resep en foto: Lomari Aspeling

Category:

One Review

  1. Natacha Visagie
    Dit is ‘n ware bederf!”
    Klein veranderinge: ek het my eie canned beans gebruik wat ek gegroei en gebottel het met ñ pressure canner. Ek het nie lensies gehad nie, het dit vervang met pearl barley. Dis ongelooflik lekker!

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page