Your Recipe Blog

OUMA MARTHA SE ROOI FLUWEELBESKUIT

Avatar photo
Recipe by
Cook: 70 minute

OUMA MARTHA SE ROOI FLUWEELBESKUIT

Ek het gebak en my ouma wat 80 is, het gesit en instruksies en bestanddele uit haar kop gegee!
Dit is my ouma se red velvet beskuit.

  • 250 g botter
  • 1 kg bruismeel
  • 1 teelepel bakpoeier
  • 5 ml sout
  • ½ koppie melk
  • ½ koppie Bulgaarse jogurt
  • 2 eiers
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • 250 ml suiker
  • 1 botteltjie rooi kleursel
  • 30 ml kakao
  • Versiersel:
  • 1 groot slab wit baksjokolade
  • 3 eetlepels Bulgaarse jogurt

Nota:  Baie belangrik:
Moenie die oond vooraf verhit nie, as die oond aangesit word, moet die baksel dadelik in sodat dit geleidelik begin rys.

Smelt die botter effens, net sodat dit sag genoeg om te klits.
Voeg die suiker by en klits tot romerig, voeg ook die kleursel en vanilla by en meng.
Voeg eiers by en klits melk en jogurt ook by die beslag.
Sif die bruismeel, sout en bakpoeier saam en voeg by die megnsel.  Meng deur.
Sif die kakoa oor die beslag en meng goed. Beslag moet nie styf wees nie – indien dit te styf is,  voeg nog bietjie melk by.
Skep die deeg in voorbereide panne en maak gelyk. Sny die beskuit.
Bak teen 160°C vir 70 min.
Wanneer die beskuit gaar is, haal die panne uit, sny weer die beskuite op die vorige snye en haal uit die pan om af te koel.
Droog die beskuit teen 70°C oornag (sit iets in deur dat nie heeltemal seël nie, sodat vog ontsnap)

Versiersel:
Smelt wit sjokolade in ‘n bakkie oor ‘n pan met water, voeg jogurt by en roer deur.
Giet bo-oor beskuit met ‘n eetlepel. Voeg liefde by anders kan dit dalk flop.

Resep en tweede foto:  Lizelle Louw
Nota en eerste foto:  Benhet Nieuwenhuis
Ek het ‘n groot lepel jogurt gebruik! Myne het dik geraak maar ek het hom net weer oor die dubbel koker gesit! Soos ek dit oor gegooi het, het ek dit met rukkies net vir oomblikke terug gesit, dan smelt hulle! Daardie icing is lekker hoor! Ek’t my hele baksel nadat ek dit icing op gesit het in die yskas gesit! Hulle daar gelos oornag en volgende dag gepak!! Myne het mooi hard geword!

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page