OUMA MALIE SE SAGOPOEDING
- ½ koppie sago
- 3 koppies melk
- ¾ koppie suiker
- 1 eetlepel botter
- ½ teelepel vanilla geursel
- knippie sout
- 4 eiers, geskei
- 80 ml appelkooskonfyt, gesmelt
Kook die sago en melk saam oor lae hitte totdat sago blink ogies maak.
Voeg suiker, vanilla en sout by en kook tot verdik. (Sago moet nog korrels wees.)
Roer die botter by.
Klits die eierwitte styf en sit eenkant.
Klits die eiergele en voeg van die warm sago by die eiergele lepel vir lepel terwyl jy vinnig klits tot die eiergele op temperatuur is.
Voeg nou eiermengsel by die res van die sago in die pot.
Kook tot verdik oor lae hitte.
Skep die sagomengsel in ‘n gesmeerde oondvaste bak en bak 40 min teen 180°C.
Skep appelkooskonfyt oor die poeding.
Skep die styfgeklopte eierwitte oor en maak seker dit bedek oral en is mooi tot op die kante.
Bak weer op 180°C tot eierwitte begin verkleur.
Haal uit en bedien.
Resep en foto: Anri Douglas