Your Recipe Blog

OUMA LUCILLE SE SUIKERDOEMPIES

Recipe by
Cook: 15-20 minute | Servings: 72 koekies

OUMA LUCILLE SE SUIKERDOEMPIES

  • 250 g botter or margarien, teen kamertemperatuur
  • 375 ml suiker
  • 2 eiers, geklop
  • 700 ml koekmeel
  • 10 ml kremetart
  • 5 ml koeksoda
  • 2 ml sout
  • kleursprinkels

Verroom die botter en suiker saam. Voeg die eiers by en meng goed.
Sif die koekmeel, kremetart, koeksoda en sout saam op die eiermengsel en meng tot ’n sagte deeg.
Bedek en laat oornag in die yskas.
Voorverhit die oond die volgende dag tot 180°C en smeer ’n paar bakplate liggies.
Rol die deeg tussen jou handpalms in balletjies (so groot soos okkerneute).
Druk elke balletjie halfpad in die kleursprinkels en plaas hulle dan ’n entjie uit mekaar op die bakplate.
Druk elke balletjie effens platter met jou vinger.
Bak die koekies ongeveer 15 – 20 minute (of tot begin verbruin) op die middelste oondrak.
Laat hulle effens op die bakplate afkoel en plaas dan op ’n draadrak om heeltemal koud te word.
Lewer 6 dosyn

Resep geplaas deur Jacqueline Steyn

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page