OUMA KOTIE SE KERRIEHOENDER
Let wel: hierdie resep kry geen kerrie en geen water in nie. Ook bekend as rooihoender.
- 2 kg hoenderporsies
- 500 g uie, fyngekap
- 200 g margarien
- 500 g tamaties, ontvel en gekap of geblikte tamaties
- 10 ml borrie
- 15 ml fyn koljander
- 30 ml vars gemmer, baie fyngesny
- 30 ml vars knoffel, baie fyngesny
- 2 groenrissies, opgesny
- sout en peper na smaak
- rooipeper na smaak (hang af van persoonlike smaak)
Braai die uie in die margarien tot deurskynend.
Voeg al die ander bestanddele by die uie en roerbraai tot goed gemeng.
Voeg die hoenderporsies by en geur met sout en peper.
Laat kook tot gaar. (Indien verkies, kan die hoenderbene op hierdie stadium verwyder word).
Plaas die hoendervleis weer terug in die pot, voeg die rooipeper by en laat stadig prut op lae stelling.
Bedien saam met rys.
Resep en foto: Amanda Austen